Josip Broz Tito

Josip Broz Tito
Јосип Броз Тито
Josip Broz Tito
Josip Broz Tito in sy militêre uniform

1ste President van Joego-Slawië
Ampstermyn
14 Januarie 1953 – 4 Mei 1980
Eerste minister Homself (1953–63)
Petar Stambolić (1963–67)
Mika Špiljak (1967–69)
Mitja Ribičič (1969–71)
Džemal Bijedić (1971–77)
Veselin Đuranović (1977–80)
Voorafgegaan deur Ivan Ribar (as Voorsitter van die Presidentskap van die volksvergadering)
Opgevolg deur Lazar Koliševski (as Voorsitter van die Presidentskap van SFR Joego-Slawië)

22ste Eerste Minister van Joego-Slawië
Ampstermyn
2 November 1944 – 29 Junie 1963
President Ivan Ribar (1945–53)
Homself (1953–63)
Monarg Pieter II (1943–45)
Voorafgegaan deur Ivan Šubašić
Opgevolg deur Petar Stambolić

1ste Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande
Ampstermyn
1 September 1961 – 5 Oktober 1964
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Gamal Abdel Nasser

1ste Federale minister van Nasionale Verdediging
Ampstermyn
7 Maart 1945 – 14 Januarie 1953
Eerste minister Homself
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Ivan Gošnjak

4de President van die Liga van Kommuniste van Joego-Slawië
Ampstermyn
Maart 1939 – 4 Mei 1980
Voorafgegaan deur Milan Gorkić
Opgevolg deur Branko Mikulić

Persoonlike besonderhede
Gebore 7 Mei 1892
Kumrovec, Oostenryk-Hongarye (tans Kroasië)
Sterf 4 Mei 1980
Ljubljana, Joego-Slawië (tans Slowenië)
Politieke party Liga van Kommuniste van Joego-Slawië
Eggenoot/-note Pelagija Broz (1919–1939)
Herta Haas (1940–1943)
Jovanka Broz (1952–1980)
Kind(ers) 4
Religie Geen (Ateïsme)[1][2]
(vroeër Rooms-Katolieke Kerk)[3]
Handtekening

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Oostenryk-Hongarye Oostenryk-Hongarye
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië
Diens/Tak Joego-Slawiese Volksweermag
Jare in diens 1913–1915
1941–1980
Rang Maarskalk
Eenheid Joego-Slawiese Partisane
Joego-Slawiese Volksweermag
Oorloë/Veldslae Eerste Wêreldoorlog
Russiese Burgeroorlog
Spaanse Burgeroorlog
Tweede Wêreldoorlog
Toekennings Orde van Lenin

Josip Broz Tito (Serwo-Kroaties: Јосип Броз Тито; 7 Mei 1892 - 4 Mei 1980) was die leier van die Sosialistiese Federale Republiek van Joego-Slawië van 1945 tot sy dood. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Tito die anti-fascistiese versetbeweging, die Joego-Slawiese Partisane, georganiseer. Later was hy ’n stigterslid van Cominform, maar 'n teenstander van die Sowjetunie se invloed (sien Titoïsme), en word hy een van die stigters en voorstanders die Beweging van Onverbonde Lande.

Enkele van die Rooms-Katolieke geestelikes wat deur Tito se partisane vermoor is - monnike en nuwelinge van die Široki Brijeg-klooster in Herzegowina

Hy is gebore in Kumrovec, Kroasië, toe deel van Oostenryk-Hongarye, as die sewende kind van Franjo en Marija Broz. Sy pa, Franjo Broz, was ’n Kroaat, terwyl sy ma, Marija, ’n Sloween was.

Hy word opgeroep in die Oostenrykse-Hongaarse Leër en neem deel aan die Eerste Wêreldoorlog. Ná die oorlog het hy aangesluit by die Kommunistiese Party van Joego-Slawië en betrokke geword by die vakbondbeweging. Na Nazi-Duitsland Joego-Slawië tydens die Tweede Wêreldoorlog ingeval het, het Tito die Joego-Slawiese anti-fascistiese versetbeweging gelei, wat bekend gestaan het as die Joego-Slawiese Partisane.

Die Partisane was uiteindelik seëvierend oor beide die Duitsers en die nasionalistiese Serwiese Tsjetniks. Na die oorlog was Joego-Slawië aanvanklik polities 'n bondgenoot van die Sowjetunie, maar in 1948 beëindig Tito sy verhouding met Stalin oor die vraagstuk van ekonomiese onafhanklikheid.

Hy was een van die stigterslede van die Beweging van Onverbonde Lande in 1961, saam met Gamal Nasser van Egipte, Jawaharlal Nehru van Indië, Sukarno van Indonesië, en Kwame Nkrumah van Ghana. Hy sterf in 1980 in Ljubljana, drie dae voor sy 88ste verjaarsdag.

  1. (en) Nikolaos A. Stavrou (ed.), Mediterranean Security at the Crossroads: a Reader, bl. 193, Duke University Press, 1999 ISBN 0-8223-2459-8
  2. (en) Vjekoslav Perica, Balkan Idols: Religion and Nationalism in Yugoslav States, bl. 103, Oxford University Press US, 2004 ISBN 0-19-517429-1
  3. (en) Richard West, Tito and the Rise and Fall of Yugoslavia, bl. 211, Carroll & Graff, 1996 ISBN 0-7867-0332-6

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search